HFM se Graad 12’s presteer steeds
THABAZIMBI – Die hernasien van vraestelle van sommige van Hoërskool Frikkie Meyer se matrieks (2007) het ‘n hele paar verrassings opgelewer. HFM spog, onder ander, met nog twee A-simbole.
Die hernasien van Graad 12 vraestelle het in Februarie plaasgevind. Rikus Oosthuizen se Afrikaans het verbeter van ‘n B na ‘n A-simbool, wat beteken dat hy A-simbole vir al ses sy vakke verwerf het. Rikus is dus die vierde Frikkie wat ses A-simbole verwerf het saam met Tanya White, Maréli Storm en Johann Coetzee.
Tanya Roos spog nou met vyf A-simbole nadat die hernasien van haar Rekenaarstudie-vraestel haar eksamenpunt van ‘n C-simbool na ‘n A-simbool opgeskuif het.
Jesmarie Fouche se Ekonomie het verbeter van ‘n E na ‘n D. Corleen de Kock se Natuurwetenskap het verbeter van ‘n E na ‘n C. Vivo Louw se Wiskunde het verbeter van ‘n D na ‘n C en Riandi van der Merwe se Afrikaans het verbeter van ‘n C na ‘n B.