Ons lesers skryf: Brief aan Pieter
Baie dankie aan jou wat Die Kwêvoël in Thabazimbi en omgewing versprei. Alle nuusgebeure, goed of sleg word daarin vervat en so het jul dan op Vrydag 4 April 2008 ook die berig van ons verlore Pug hondjie geplaas. Dankie vir die persoon wat daarop gereageer het en laat weet het dat sy in die straat voor ons huis opgelaai is. Dit is net baie jammer dat mense in ons gemeenskap ander mense se troeteldier wat soveel vir hul beteken, net kan vat en nie reageer op versoeke om die hondjie terug te besorg waar sy hoort nie. Jy wat haar gevat het, ek weet sy is pragtig en oulik maar jy kan haar nie net vir jou vat nie! Wat van ons wat treur? Jy weet, die tipe misdaad is nie in ons gemeenskap aanvaarbaar nie. Bring asseblief ons geliefde troeteldier terug, sy is ons “baba”.
Sarita Smith – 11de laan Thabazimbi