Entertainment

Lekker opskop sokkie

THABAZIMBI – Talente groei in Thabazimbi. Een bewys hiervan is Rudi Meiring wat in 2001 onder die top-tien Idols geëindig het.
Rudi en Darrius, een van verlede jaar se Supersterre finaliste, gaan op Saterdag 5 April vir lekker opskop musiek sorg by die Trollope-saal op die skouterrein. Hulle nooi dan ook almal uit om hulle piekniekmandjies te pak, met so ietsie vir die keel en saam te kom sokkie waar hierdie twee sterre musiek gaan maak. Toegang is R30 per persoon en R10 vir laerskoolkinders. Kaartjies is vooraf verkrygbaar by Explore Africa in die Pick n Pay Sentrum (langs Wimpy) asook by Laerskool Platina op Swartklip. Kaartjies sal ook by die deure te koop wees.
Idols was die lanseerbaan vir Rudi se sangloopbaan en hy het reeds saam met verskeie bekende sangers soos Theuns Jordaan en Nicolis Louw die verhoog gedeel. Rudi is besig om sterk as ‘n Rock-pop ster te ontwikkel en saam met Darrius gaan hulle met verskeie Afrikaanse en Engelse liedjies voete laat jeuk.
Rudi sê dit is net hier op Thabazimbi wat waar hy sy passie vir musiek gevind het. “Die skoolrevues en solokompetisies het my die vertroue gegee om te weet dat ek dit my loopbaan wil maak. Ek is ‘n energieke jong man wat uitreik na my drome en glo dat ek hoër hoogtes sal bereik as ek glo …Hoekom? Want ek kan!”
The only contestant from KZN to have won a spot in the top ten of supersterre, Darrius (21) was born and brought up in Durban . He matriculated at Queensburgh Boys’ High in 2003 with five distinctions and is currently in his fourth year of chemical engineering at the University of Kwa-Zulu Natal . Darrius began singing at the age of five , with his first public performance being “A Whole New World” at a local charity fair . He had a natural affinity to music and spent the next few years singing to the music of Lionel Ritchie , Celine Dion , Mariah Carey and  Peabo Bryson . Being an English speaking guy from Durban , Darrius had to grasp the traditional Afrikaans accent very quickly .What should however be noted is that Darrius did achieve 94 percent for Afrikaans in matric so understanding for him was not a problem . He was teamed up with Nicholis Louw who was to guide and coach him through this journey . Apart from his amazing vocal talent , Darrius has attained his own trademark with his unique and funky hair.