Nylstroom hou weer partytjie met Druiwefees
THABAZIMBI – Die Nylstroom Druiwefees 2008 sal hierdie jaar ‘n dag langer aanhou en sal 10-13 Januarie op Hoërskool Nylstroom se rugbyveld gehou word. Met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite sal geen besoeker tydens die Druiwefees verveeld raak nie. Die aktiwiteite sluit in Mej Druiwefees-kompetisie vir die pragtige Bosveldmeisies, ‘n Mnr Perfekte Lyf-kompetisie vir die warm boerseuns en natuurlik ‘n baba-en kleuterkompetisie vir die oulike jonges. Vir die fietsryers sal daar op die 12de ‘n fietswedren wees en hul kan daarna ‘n lekker doppie saam met die res van die feesgangers in die biertent geniet. Verder sal die Druiwefees vermaak uit die boonste rakke bied met kunstenaars soos Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ettiene Steyn, Karen Ferreira en vele meer. Kom geniet die fees saam met die inwoners van Nylstroom, jy sal nie spyt wees nie. Vir verdere inligting kontak Jossie: 083 230 5805 of Johanna: 082 928 6337 of besoek die webblad by navrae@druiwefees.co.za.