Entertainment

Pret met die Bushveld Babes hierdie naweek

THABAZIMBI – Die Bosvelders wat nog nie hulle kaartjies vir ons eie kabaretgroep, “Bushveld Babes”, se vertoning hierdie naweek gekry het nie, sal moet vinnig te werk gaan anders gaan hulle dit mis. Die Bushveld Babes tree moreaand, Saterdag 1 September om 19:00, by Blinkwater Lodge, net buite Koedoeskop op. Toegang beloop R65 per persoon en sluit ‘n ete en die kabaret in. Die Bushveld Babes is ‘n poging van ‘n klompie dames van die Leeupoort-Koedoeskop omgewing waardeur hulle hul bydra lewer om dit vir ander mense makliker te maak. Die fondse wat ingesamel word, word jaarliks aan een of ander verdienstelike organisasie of persoon geskenk. Die kaberet bestaan uit ‘n paar dansroetines, so reg uit die Molin Rogue se stal, met die tipiese bypassende kostuums. Hierdie is ‘n lekker saamkuiergeleentheid met baie pret vir almal. ‘n Kontantkroeg is ook beskikbaar en na die kabaret kan daar lekker gedans en nog verder gekuier word. Vir kaartjies moet u asseblief vir Ronel by 084 586 8046 kontak.