Staproetes in die omgewing
Diegene wat met Jan Tuisbly se karretjie ry hierdie vakansie, kan gerus ‘n dag afstaan en ‘n heerlik staptoer onderneem. Limpopo spog met verskeie roetes wat strek van sowat ‘n uur tot ‘n paar dae.
Serolo natuurreservaat
Die Serolo natuurreservaat grens aan die boomryke woonwapark by Die Oog en spog met nie minder nie as tien spesies wild wat verskeie boksoorte insluit, sowel as volop fauna en flora en ‘n ryk voëllewe wat op begeleide toere deur die natuurreservaat besigtig kan word. Hierdie staptoere is die perfekte geleentheid om kennis te maak met die prag en wonder van die Bosveldnatuur.
Die Oog het ook drie nuwe onbegeleide staproetes ontwikkel. ‘n Staproete van ‘n uur, ‘n staproete van twee en ‘n half ure, en vir die meer begeesterde stappers – ‘n vier ure staproete. Op hierdie staproetes word skuilings aangetref vanwaar wild en voëllewe besigtig kan word. Tel (014) 743-4600.
Magoebaskloof staproete
Die Magoebaskloof staproete bestaan uit ‘n netwerk van roetes waaruit jy jou eie roetes kan saamstel gebaseer op die afstand wat jy wil aflê. Die roetes neem jou deur een van die grootste inheemse bergwoude van Suid Afrika. Oornag hutte bied ‘n uitkyk oor watervalle en woude. Die toegang is R47 per persoon per nag. Kontak Safcol Ekotoerisme. Tel: (012) 481 3615 of Komatiland (013) 754-2724
Forever Resorts Aventura
Bela-Bela: Forever Resorts Aventura (Warmbad), Dagbesoekers toegelaat; Doendinge: waterpretpark, spa, tennis, perdry. Tel:014-736-2200 of 014-736-4712
ATKV-Klein Kariba
ATKV-Klein Kariba, Beperkte dagbesoekers. Doendinge: Warm swembaddens, perdry, voëlkyk, gholfbane, internetkafee, glybaan, staproetes, winkel, drankwinkel.
Tel: 014-736-9800 of 014-736-3457.