Sport

Thabazimbi Gholfnuus

THABAZIMBI – Saterdag se opkoms by die gholfbaan was weer baie bemoedigend. Spelers wat bang was vir die ruveld na die reëns kan gerus maar weer kom speel. Die baan is nou in ‘n uitstekende toestand en die rof baie vergewend.
Saterdag se spel was Bonus Syferspel. Wim Diederichs en Jacob Jordaan eindig albei op +4. Pietie Terblanche en Willem du Plessis is kort op hulle hakke met +2. Daar is besluit dat daar nie meer uitgestel kan word om ‘n wenner te bepaal nie, maar dat spelers met dieselfde punte die plekpryse sal deel.
Daar is weer ‘n aanpassing in die kompetisiedatums. Saterdag 29 Mei sal dit nou die eerste rondte van die Individuele Putjiespel-kompetisie wees. Die Sanlam Kankerdag sal nou op 26 Junie gespeel word. Spelers moet maar asseblief albei hierdie kompetisies in groot getalle ondersteun. Inskrywingsvorms is by die klub en dit sal baie help met die reëlings as die komitee voortydig weet hoeveel spelers deel gaan neem.
Die manne wat Saterdag Liga speel op Warmbad is: Toppie Olivier en Denis Dreyer, Jannie van der Wateren en Jannie van Graan, Piet Venter en Jakkie van der Wateren, Carel Payne en Derek Torlage. Thabazimbi loop tans voor in die liga.
Enkele van die lede se beter helftes is tans ontsteld en word so maklik vergeet. Anne-Marie Torlage het reeds drie knie-operasies gehad. Ria Terblanche lê ook pote in die lug na haar voet operasies. Hulle word vinnige beterskap en volledige herstel toegewens. Pietie Terblanche gaan ook hierdie week vir ‘n moontlike knie-operasie. Dit sal maar hinke-pinke daar bo in Tweede Laan gaan. Sterkte ook aan Pietie.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments