Entertainment

Kurt Darren

Kurt Darren is in Pretoria gebore en het aan die Hoërskool Lyttleton gematrikuleer. Hy het op skool aan verskeie musiekspele deelgeneem en tydens sy militêre opleiding was hy lid van die weermag se vermaaklikheidsgroep.
Sy eerste album “For Your Precious Love” word in 1995 uitgereik. In 1997 neem hy die album “Kurt Darren” op. Sy derde album “Just When I Needed You Most” word in 1998 uitgereik en in 1999 neem hy die album “Since I Found You” op.
Met sy vierde album het hy meer Afrikaanse liedjies begin sing en as liedjieskrywer ontpop – hy skryf ook drie nommers, “Millennium Vrou,” “Daar’s ‘n lied in my hart” en “Daddy’s little Girl” vir die album.
Darren het reeds verskeie musiekvideo’s gemaak en saam met die groep Smokie aan boord van die Symphony passasiersboot opgetree.
Darren se reuse treffer “Meisie-Meisie” maak steeds groot duike in die kommersiële Afrikaanse dansbaan, met verkoopsyfers van net onder die 100 000 eenhede.
Hierdie jong ster van die Afrikaanse vermaaklikheidsindustrie is een van die talle groot name wat eersdaags deel gaan uitmaak van die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo.

Expo Home Page