CommunityFeatured

Baba & Kleuterkompetisie: Groot opgewondenheid by Skou met aankondiging van wenners

Opgewonde ouers, grootouers en vriende het Saterdag 27 Julie die aankondiging van die wenners van die Baba & Kleuterkompetisie in die Trollope Saal tydens die Thabazimbi Skou ingewag.

Die Fotokompetisie het sy aanloop reeds vanaf Meimaand toe ouers hulle kroos by Medhof kon inskryf waar Mari Engelbrecht gereed gestaan het om die foto’s vir die inskrywings te neem.

Die deelnemers in hul fraai uitrustings het die tema van die ’50 Retro Diner puik uitgebeeld en ʼn rekord aantal inskrywing van 63 het kom meeding om die 50’s weereens te vier.

Die meisies uitgevat in hul wye ‘polka-dot’ rokkies en haarbandjies terwyl die seuns ewe spoggerig was in hul netjiese broeke, skoene en insteekhemde het beslis die oog getref met oorspronklikheid van hierdie vervloë era wat party grootouers in hul jong dae beleef het.

Inskrywings kon in die twaalf verskillende kategorië, vanaf nul tot ses jaar, gedoen word.

Sien die galerye hieronder vir die wenners.

Wenners: Gemengde / Meisies

Driansu van Medhof Apteek, organiseerder en aanbieder van hierdie kompetisie se woorde was, “Elkeen van die inskrywings wat ontvang is, was ʼn wenner en vir die beoordelaars was dit beslis nie ʼn maklike taak om wenners aan te wys nie.”

Wenners: Seuns

Dajana Rijetkovic Havenga van DAMASA Dance Studio was die aanbieder. Aangesien die hele aangeleentheid om die jong kinders draai, het van haar dansstudente ook die geleentheid gehad om te wys waartoe hulle in staat is.

Soos beloof het elke deelnemer wat daar was, ongeag of hulle onder die eerste drie plekke aangewys is, ʼn geskenkie ontvang.

Fiesta het ook vanjaar ‘n draai by die Thabazimbi Skou kom maak en het ook dekking aan die Baba & Kleuterkompetisie te verleen. Meer hieroor op ‘n later geleentheid.

“Hierdie baba- en Kleuter-Fotokompetisie is maar net een van die aspekte waar Medhof Apteek die paadjie saam met die gesin loop om ook vir die nuwe toevoegings te sorg met hulle verskeidenheid van dienste wat hulle aan jou as uitgebreide gesin bied,” het Driansu verder bygevoeg.