AgriculturalEditorialFeatured

Wetgewing baan weg vir wildsvleis op supermarkrakke

ʼn Opwindende nuwe ervaring wag op kliënte in supermarket met die toevoeging van wildsvleisprodukte wat hulle as ʼn nuwe item op hul inkopielys kan byvoeg.

Die eerste stap om dit ʼn realiteit te maak is die wetgewing wat op 8 November in die Gazette opgeneem is deur die minister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Barbara Creecy. Hierdie wetgewing baan die weg vir die wildsvleisbedryf om hierdie addissionele bron van proteïne verder te diversiveer.

Tans word slegs sowat 10% van wildsvleis formeel in die kleinhandel bemark. Met die nuwe wetgewing in plek sal supermarket soos Shoprite, Pick n Pay en Checkers instaat gestel word om meer wildsvleis snitte op hul winkelrakke te plaas.

Suid-Afrika se wildsvleis vooruitsigte spruit uit die ryk biodiversiteit wat ook ʼn groot aantrekkingskrag vir internasionale toeriste is. Boonop kan die wildsvleis industrie ʼn hupstoot aan Suid-Afrika se plattelandse gemeenskappe bied.

“Die ryk biodiversiteit wat die lewendige wildlewesektor ondersteun kom algemeen voor in die verafgeleë gebiede van Suid-Afrika wat gekenmerk word deur hoë vlakke van armmoede, werkloosheid en ekonomiese vooruitsigte,” sê Creecy.

Sy het verder erken dat die produksie van wildprodukte soos wildsvleis asook huide en velle ʼn onontginde bron is wat enorme geleenthede aan die klein tot medium sakesektor as alternatiewe bron van inkomste bied.

Die unieke eienskappe van wildsvleis soos die laer vetinhoud bied groot gesondheidsvoordele vir die gebruiker maar tog is dit afwesig op die meeste restaurant se spyskaarte.

Een van die groot bydraende faktore sover dit wildsveleis aan betref is die miskonsepsies oor die smaak en kwaliteit van wildsvleis asook algemene kennis en inligting wat aan die verbruiker beskikbaar is.

Voeg hierby die wantroue in die bron en verwerking daarvan wat die noodsaaklikheid van die daarstelling van ʼn nuwe strategies duidelik na vore laat tree.

Volgens beskikbare statistiek is daar gedurende 2016 sowat 176 969 wildkarkasse met die totale geraamde karkasgewig van 40 150 tonne aangebied.

Die potensiële inkomste hieruit is enorm. Die totale karkasmassa wat op die mark beskikbaar was, was ongeveer 12 943 tonne met ʼn totale waarde van sowat R600 miljoen.

Gedurende 2019 het die uitvoer van volstruis-, krokodil- en zebravleis na die Europese Unie, China en die Verenigde Arabiese Emeritate 3000 tonne beloop. Weens die uitbraak van bek-en-klouseer was daar ʼn verbod op die uitvoer van vleis van gespletehoefdiere. Die swak mark, waarin die produkte te laag in waarde geskat word, belemmer die potensiële  groei in die mark wat nog meer mense van ʼn potensiële inkomste afsny.