CommunityFeatured

ATKV tee-oggend en fliek saam met seniors

Die ATKV Thabazimbi-tak, in samewerking met die SAVF Thabazimbi het Maandag 18 April die seniors van Bosveldoord in Thabazimbi met ’n heerlike tee-oggend en fliek trakteer.

Almal kon gerieflik in die stoele in Bosveldoord se sitkamer terugsit en op die grootskerm die film “Stilte” kyk. Tydens en na afloop van die vertoning het almal heerlike versnaperings saam met hulle koffie en tee geniet en lekker saam gekuier.

Huis Immergroen se inwoners kon nie die filmvertoning bywoon nie, maar is ook met versnaperings getrakteer.

Inwoners het self vir die koffie en tee gesorg terwyl SAVF vrugtesappies, sjokolade- en rolkoek asook melk- en soutterte voorsien het.