Liedjieboer Vrydagaand by Plaasjapie
Plaasjapie Restaurant skud nou sy vere reg vir Anton Goosen – Alias Liedjieboer – wat moreaand, Vrydagaand 25 Maart, by Plaasjapie gaan optree. Mens kan verwag dat Anton steeds sy gewildheid in die loop van die jare heen behou het en dit gaan beslis tot jou voordeel wees indien jy nou reeds jou tafel vir jou en jou vriende bespreek.
As liedjieskrywer vir van die land se voorste Afrikaanse sangers en sy aansteeklike Kaapse aanslag, het Anton reeds in die sewentigerjare vir homself as een van die beste in die land onderskei.
So is daar ook sy liedjie oor die bekende spook van Uniondale wat gereeld langs die pad staan en duimgooi. Hier het Anton Goosen dan sy insette gegee dat dié blommetjie steeds gedenk sal word
Anton het sy toer saam met die kitaarspeler, Illimar Neitz, in Gauteng op 19 Maart by Stoepstories Restaurant in Pretoria afgeskop. Daarvandaan het Jakkalsdans in Rustenburg aan die beurt gekom en is hy terug na Pretoria waar hy vanaand, 24 Maart, in die Pierneefteater optree.
Na hul optrede by Plaasjapie is dit terug na Pretoria dan Ermelo waarna hy terugkeer na die Wes-Kaap met ’n optrede in Swellendam. Die Boer teater-restaurant in Durbanville ontvang hom op 6 April, op 8 April Zomerlust Restaurant en op hierdie stadium word die toer op 9 April by The Alma Cafe afgesluit.
Volgende aan die beurt by Plaasjapie is die bekende Afrikaanse duo Double D wat gereeld by Pretoria Kroeg-restaurante asook op Harties optree. Hulle besoek Plaasjapie op Vrydagaand 1 April en op 29 April is dit Touch of Class wat reeds ou bekendes by ondersteuners van die KunsteGrot op Thabazimbi is.
Beslis baie goeie vermaak waarna ondersteuners kan uitsien.