Maak reg vir die jaar se program by Plaasjapie
Plaasjapie Restaurant het onlangs hulle hele jaarprogram van kunstenaars se optrede bekend gestel en dit het reeds van die intrapslag af groot byval gevind.
Die program is ingelei met Dagdroom, wat redelik onbekend in Thabazimbi is maar van die eerste note af groot byval gevind het. Op 4 Februarie is hulle opgevolg deur Pieter Smith wat reeds verlede jaar getoon het dat hy ’n groot aanhang hier in die bosveld het.
Pieter het ook nie teleurgestel nie en gesorg vir lekker saamsing- en dansmusiek. Hy het hy ook sy vertoning bietjie opgekikker met so ’n paar spookstorieliedjies wat reeds vanaf die tweede helfte van die vorige eeu deel van die Afrikaanse musiekskatkis geword het, moet net nie laataand verby die kerkhof stap terwyl die klomp spoke saamkuier nie.
So is daar ook die bekende spook van Uniondale wat gereeld langs die pad staan en duimgooi. Hier het Anton Goosen dan ook sy insette gegee dat die blommetjie steeds gedenk sal word terwyl Koos du Plessis verseker het dat die pad na Nooitgedacht nooi ooit vergeet sal word nie.
Soos gewoonlik kon niemand sy voetejeuk-musiek ignoreer nie en daar was heeltyd paartjie op die dansvloer. Die ideale aanloop tot Valentynsdag waar die paartjies ook die aand saam rustig gekuier het.
Die volgende hoogtepunt op die program is Juanita du Plessis wat volgende week Vrydagaand 25 Februarie die verhoog gaan wakker sing. Juanita het etlike jare gelede reeds haar debuut op Thabazimbi gemaak en sy kan verseker wees van net so ’n geesdriftige klomp mense wat haar weereens hier gaan verwelkom.
Vir Anton Goosen sal dit ook ’n eerste keer hier in die Bosveld wees alhoewel hy geen onbekende is nie terwyl Deon Groot ook volgende maand te doene sal kry met die bosveldplesierigheid.
So is daar verskeie groot name wat ook nie onbekend is nie soos die briljante Touch of Class, Radio Kalahari Orkes, William Blackrose, Steve Hofmeyer & Bernice West, Demi Leë Moore, Pieter Koen asook talle ander bekend en minder beken op Thabazimbi.
Vir die volledige kalender van optredes, rol af tot onderaan hierdie berig.
Skakel gerus vir Marily by die Plaasjapie sel: 072 368 3525 en bespreek nou reeds jou tafel vir die volgende optrede.
Besoek Plaasjapie Restaurant vir die heerlikste braaivleisgeregte en bykosse soos pap en sous, braaibroodjies, chips, slaai asook ’n verskeidenheid van pizzas en gereelde kroegpromosies.