Skenking van Vullistrokke vir beter diens
Twee splinternuwe vullisverwyderingtrokke is Woensdag 9 Februarie amptelik aan die Thabazimbi Plaaslike Munisipliteit oorhandig om die uitdagings ten opsigte van vullisverwydering in die Thabazimbi Munisipaliteit die hoof te bied.
Die trokke is ’n hoflikheidsgebaar deur Samancor Western Chrome mine wat die nood raakgesien het deurdat daar gereeld diens-onderbrekings was met die verouderde toerusting wat nie meer betroubaar was nie.
Die oorhandigingseremonie van die trokke is by Thaba Park gedoen waar die burgemeester, raadslid Tokkie Swanepoel, die trokke amptelik in ontvangs geneem het. Sy was vergesel deur die waarnemende Munisipale bestuurder, Gladwyn Tloubatla, die waarnemende hof Finansiële bestuurder, Kedisaletse Matlou, die Hoof van Gemeenskaspdienste en verskeie ander uitvoerende bestuurders van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit.
“Ek voel geëerd om vandag hierdie twee nuwe vullistrokke van ons borge Samancor Western Chrome mine namens ons munisipaliteit in ontvangs te neem,” het Raadslid Swanepoel tydens die oorhandiging gesê. “As munisipaliteit het ons goed gevaar met vullisverwydering, totdat ons die stadium bereik het dat die toerusting verouderd geraak het probleme met die onklaarraking daarvan geteister is.”
“Hierdie twee nuwe vullistrokke sal die bestaande trokke ondersteun om te sorg dat alle vullis betyds en gereeld verwyder word aangesien vullis wat nie verwyder word nie en opeenhoop, wanorde skep wat selfs tot misdaad aanleiding kan gee.”
“Indien daar nie goeie beheer oor vullisverwydering en die bestuur daarvan is nie, raak inwoners gedemotiveerd en gefrustreerd en verloor ook hulle trots op hul dorpe,” en bygevoeg “’n Skoon dorp en munisipaliteit lok beleggers.”
Raadslid Swanepoel het ten slotte ’n beroep op die Munisipale Bestuurspan gedoen dat hulle sal toesien dat die toerusting reg aangewend word en nie misbruik word nie.
Sy het ook haar bedanking aan die Samancor Western Chrome mine se bestuurspan oorgedra en namens die raad, personeel en die breë gemeenskap vir die welwillendheidsgebaar bedank.
Die Transformasie Bestuurder van Samancor Western Chrome mine, Ms Kaeleboga Sennano, het raadslid Swanepoel ondersteun deur te noem dat agterstande en afwesigheid van dienslewering iets van die verlede sal wees met die ingebruikneming van die twee nuwe vullistrokke.
The Mayor of TLM, Cllr Tokkie Swanepoel with Ms Kealeboga Sennano, Transformation Manager from Samancor Western Chrome mine ready to cut the ribbon. The Mayor, Tokkie Swanepoel receives the keys to the trucks from Ms Kealeboga Sennano, Transformation Manager from Samancor Western Chrome mine Councillor Tokkie Swanepoel presents the drivers of the new trucks with the keys.
New Refuse Trucks to Improve Garbage Collection
Two brand new garbage trucks were officially handed over to the TLM courtesy of Samancor Western Chrome mine, to ease backlogs and challenges of refuse collections within Thabazimbi Local Municipality.
The official handover mas made at Thaba Park on Wednesday 9 February 2022 and the ceremony was attended by TLM Mayor, Cllr Tokkie Swanepoel, acting MM, Gladwin Tloubatla, acting CFO, Kedisaletse Matlou, Director for Community Services, Segale Pilane, Transformation Manager West, Kealeboga Sennano, Transformation Superintendent, Robert Raphela and TLM officials.
With the welcome additions, TLM Mayor, Cllr Tokkie Swanepoel said that communities should expect an improved service delivery in terms of refuse collections.
“I am honoured to be here this afternoon to officially receive the two new refuse trucks from our sponsor Samancor Western Chrome mine on behalf of our Municipality. As the municipality, we have been doing well and managing waste collections until our current trucks got old and forever having breakdowns”, said Cllr Swanepoel.
“This two new trucks will assist our current old trucks to deal with all refuse collections. We will be able to service our communities and businesses with pride and without any failure. When rubbish or waste piles up and not been collected as promised, it creates disorder and sometimes leads to crime”, added Cllr Swanepoel.
Waste has to be managed well, or people become demoralized and frustrated and lose their sense of pride in their towns. A clean town and municipality attracts investors.
“To our management team, please take care of these tools of trade. Make sure that you use them accordingly, and make sure that our officials don’t misuse them. To our sponsor, Samancor Western Chrome mine Management team, I would like to thank you so much on behalf of our council, staff and our community at large for the good gesture you have shown to us”, concluded Cllr Swanepoel.
Ms Kealeboga Sennano, Transformation Manager from Samancor Western Chrome mine echoed the same sentiments with the Mayor that refuse backlogs and non-collections will be history as the two trucks will assist in collecting refuse.
Issued by the TLM Communications Unit