EditorialFeaturedSport

IRR waarsku Krieket Suid-Afrika oor ideologiese houding

Die Institute of Race Relations (IRR) het aan die raad van Krieket Suid-Afrika geskryf en gewaarsku dat hulle opdrag aan alle spelers om te kniel voor wedstryde ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging, politieke en godsdiensvryheid bedreig en dat krieketowerhede hulle met ‘n ideologie besighou wat hulle nie verstaan nie.

Die IRR het krieketowerhede na sy verslag verwys, Because #BlackLivesMatter (sien onder), en gewaarsku dat die BLM-beweging openbare woede weens rassediskriminasie uitbuit om ‘n politieke en ideologiese agenda te bevorder wat daarop gemik is om die pilare van moderne liberale demokrasieë te ondermyn, insluitend vryheid van spraak en ‘n markekonomie.

Gabriel Crouse, veldtoghoof van die IRR, sê deur spelers te dwing om die primêre aksie aan te neem wat met die BLM-agenda geassosieer word, Suid-Afrikaanse krieketowerhede ‘n ideologie onderskryf wat in stryd met die beste belange van die spel en die waardes van krieketondersteuners is.

Crouse het gesê dat die IRR met krieketowerhede sal wil vergader om sy kommer te verduidelik en dat hierdie skadelike voorskrif herroep word.

Verslag