Aangepaste Vlak-4 Skoolkalender
Met skole wat reeds sedert Woensdag 30 Junie vir leerlinge gesluit is, het onderwysers geleentheid gehad om hul sake in orde te kry tot Vrydag 2 Julie vir ’n vroeë sluiting van alle skole vir die wintervakansie.
Leerlinge in spesiale skole asook koshuisleerlinge in veraf geleë plekke kan tot Vrydag 2 Julie aanbly om ouers geleentheid te bied om hulle te kom haal.
As gevolg van die week vroeër sluiting van openbare skole, sal die leerlinge dan ook vroeër as beplan weer die skooljaar na die vakansie op 19 Julie hervat.
Voedingskemas by skole asook winter-skole sal soos gewoonlik voortgaan maar toesighouers moet toesien dat beperkte kontak van toepassing is om die verdere verspreiding van die virus te voorkom.
Met verskeie provinsies wat te kenne gegee het dat bykans alle onderwysers reeds ingeënt is, sal die inentingsproses vir die res van die leerkragte gedurende hierdie tydperk voortgesit word.
Dit is ook onduidelik wanneer laerskole weer hul deure vir al alle leerlinge gaan oopmaak en of daar steeds by 28 Julie hiervoor gehou gaan word.
Aangesien die kurrikulum weens die verminderde skooldae sedert die inperking gedurende Maart 2021 gesny is beteken dit dat leerlinge nie aan die volle kurrikulum van hul onderskeie grade blootgestel is nie. Dit skep veral ’n probleem vir Gr 12 leerlinge wat gedurende die eindeksamen oor die volle inhoud van kurrikulums van Grade 11 en 12 ge-eksamineer sal word.