Voetspore in Suid-Afrika 2 – Episode 8
Die span reis deur die Karoo, van Witsand oor Griekwastad tot by die samevloeiing van die Vaal en Oranjerivier. Na ‘n besoek aan Karreekloof gaan die span na Victoria Wes waar hulle gaan fliek kyk in die Apolloteater. Die week word afgesluit by die uitdagende 4×4 roete van Badshoek buite Beaufort Wes.