BusinessEditorialFeatured

Beurtkrag: Eskom spaar diesel vir Januarie aanvraag

Eskom het aangekondig dat twee fases van beurtkrag van toepassing sal wees vanaf 10 nm op Woensdag 30 Desember en sal duur tot 5 vm op Donderdag 31 Desember.

Volgens Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha het die kragreus 11,399 MW verloor weens noodsaaklike onderhoud.

Nader aan die waarheid is die toepassing van beurtkrag eerder om te verseker dat genoeg diesel reserwes gespaar word om voorsiening te maak vir wanneer ekonomiese aktiwiteite in Januarie hervat word.

Dieseleenhede is veronderstel om slegs as noodbystand te dien maar dit blyk dat Suid-Afrika se total kragvoorsiening op hierdie nood-kragopwekkers berus.

Read More