Khaya Kwa: Vervroegde Kersete vir meer Feestyd met familie en vriende
Khaya Kwa bied vanjaar weer hul vroeë Kersete op Woensdag 23 Desember aan om vir almal meer tyd te bied om die Feestyd saam met familie en vriende deur te bring.
Die ete word vanaf 11 uur die oggend tot 5 uur die middag aangebied. Bespreking is verkieslik en kan gedoen word by Sandra (078 794 5896).
Sien die spyskaart en koste op die meegaande advertensie.
Khaya Kwa sal sal gesluit wees gedurende die Kersnaweek vanaf Oukersdag 24 Desember en maak weer oop op Maandag 28 Desember.
Ongelukkig moes alle planne vir die Oujaarsdagviering afgestel word weens die nuwe inperkingregulasies en sal hierdie regulasies steeds vir die hele Feestyd van toepassing wees.
Die restaurant sal ook op Nuwejaarsdag 1 Januarie 2021 gesluit wees maar vanaf 2 Januarie oop wees vir sake soos gewoonlik.
Nagmark by Khaya Kwa
’n Nagmark is Vrydag 18 Desember by Khaya Kwa aangebied ten bate van fondsinsameling vir die Skuiling vir hawelose mense asook Thabazimbi Animal Rescue (TAR) vir hawelose diere.
Hou gerus Kwêvoël se Nuusbrief dop vir meer inligting aangaande hierdie nuwe skuiling wat ontwikkel word.
Khaya Kwa het hulle perseel tot beskikking gestel met verskeie entrepreneurs wat ondermeer hulle hand- en tuis-vervaardigde items te koop aangebied het.
Dit het ingesluit vanaf handvervaardigde leeritems, ’n verskeidenheid van handgeverfde houtwerk-items asook allerlei gebak, van beskuit tot ander klein gebakte lekkernye.
TAR se stalletjie het verskeie artikels direk uit hulle tweedehandse winkel ingesluit. Hieronder was daar verskeie poppe wat reeds meer as twee geslagte ver kom, allerhande negosie-artikels asook tweedehandse klere, alles items wat deur die lede van die gemeenskap aan hulle geskenk is.
Besoek gerus hulle tweedehandse winkeltjie in die agterste parkering by Thaba SuperSpar. Let net op hul ure van handeldryf.
Hierdie was die ideale geleentheid om vir oulaas ’n geskenkie van spesiale betekenis vir iemand te koop, iets waardeur jy beslis onthou sal word.
Martie Scruton by haar stalletjie van geverfde houtwerkartikels, die ideal Kersgeskenkie om herinneringe te skep. Kontak haar by 073 474 3735 indien jy haar stalletjie dalk misgeloop het en meer inligting soek. ‘n Hout Kersboompie en ander houtvoorwerpe asook ‘n paar geestelike boekies was ook by Martie se stalletjie beskikbaar. Van die antieke poppe wat by TAR se stalletjie beskikbaar was. Beverly Spira, die dryfveer agter die Skuiling vir hawelose mense, het saam met Pieter die stalletjie beman waar hulle allerlei nuttige en praktiese geskenke te koop aangebied het. Dit het ook ’n verskeidenheid van duursame penne ingesluit. Vir navrae skakel Beverly by 078 403 1814. Katryn Leigh met verskeie handvervaardigde leeritems wat insluit sleutelhouers, leergordels tot eksklusiewe hand- en reissakke. Die inperking het vir Katryn genoop om die leerwerktoerusting nader te sleep en haar ten volle in die maak van leerartikels in te gooi. Skakel haar gerus by 073 714 7033 vir meer inligting.