ATKV Dramafees: Uitstekende resultate vir junior Dramastudente
Die voorskoolse- en laerskool Dramastudente van RiVo Dramaskool op Thabazimbi het uitstekend gevaar tydens die ATKV KunsteGrot Dramafees wat op 2 en 3 November 2020 aangebied is.
Bekwame persone van buite Thabazimbi het as beoordelaars opgetree en, “Die beoordeling was streng maar regverdig,” het Rita Volschenk, hulle drama afrigter, na afloop van die kompetisie aan Die Pos gesê.
Die kategorieë waarin studente beoordeel is was: Poësie, Gedramatiseerde Poësie, Prosa, Monoloog en, vir die Gr 4-7 studente, ook Samespraak.
Altesaam 25 studente het vir die Gr RR tot Gr 3 afdeling ingeskryf en die totale uitslag was soos volg:
Poësie – 24 inskrywings. Resultate: Agt A++; elf A+ en vyf A toekennings.
Gedramatiseerde Poësie – 23 inskrywings. Resultate: Agt A++; twaalf A+ en drie A toekennings.
Prosa – 11 inskrywings. Resultate: Vyf A++ en 6 A+ toekennings.
Monoloog – 4 inskrywings. Resultate: Vier A++ toekennings.
In die Gr 4 tot Gr 7 afdeling was daar 13 studente wat deelgeneem het. Hulle het soos volg gevaar:
Poësie – 13 inskrywings. Resultate Ses A++; vyf A+ en twee A toekennings.
Gedramatiseerde Poësie – 9 inskrywings. Resultate: Sewe A++ en twee A+ toekennings.
Prosa – 12 inskrywings. Resultate: Agt A++; drie A+ en een A toekennings.
Monoloog – 9 inskrywings en al nege verdien A++ toekennings.
Samespraak – 2 inskrywings en al twee verdien A++ toekennings.
