RiVo-Junior Dramastudente presteer Landswyd
RiVo studente moes die afgelope jaar weens die Covid-19 beperkings digitaal aan kompetisies deelneem. Nieteenstaande die spesiale benadering ten opsigte van afrigting en optredes het RiVo dramastudente besonder goed presteer.
Die mees onlangse hiervan was die finale van die Drama en Redenaarskompetisies vir die mees junior dramastudente waar twee drama studente van RiVo toneel in die finaal deelgeneem het.
Marianey du Plessis (Gr RR) het aan Dramaweb SA se Nasionale Dramakompetisie deelgeneem en derde landswyd in die Graad RR tot Gr 1 groep geëindig.
Odelea van der Nest (Graad 2) het na haar onlangse deelname aan die finale van die landswye Digitale Radikale Redenaars kompetisie ook in die derde plek geëindig. Debbie Viljoen verdien ook ’n groot dankie vir haar insette met die skryf van dié wen toespraak.
Rita Volschenk, afrigter van RiVo Toneel, het gesê dat hulle opgewonde op die uitslae wag van Op Die Planke Monoloogfees wat op 10 Oktober bekend gemaak gaan word. Nie minder nie as 23 RiVo Toneel Dramastudente het gekwalifiseer vir die finale beoordeling van dié fees.
“Wys jou net, met drama-selfvertroue kan groot hoogtes bereik word,” het Rita toegevoeg.