EntertainmentFeatured

Rocco speel Jim Muller by die Kunstegrot

Mens ruik die reën in die lug met die aankoms van Lente en jy besef die koue is verby. Die koue beperkings van die Covid-19 inperkings is ongelukkig steeds saam met ons.

Een ligpuntjie is dat Rocco de Villiers wat reeds Thabazimbi gehore by verskeie geleenthede vermaak het, die een gaan wees wat die Covid-19 stilswye hier op Thabazimbi gaan verbreek.

Met vlak-1 beperking kan 50 persent, in hierdie geval 100 mense per vertoning toegelaat word onder al die streng Covid-19 beperkings soos die handhawing van sosiale afstand en die dra van gesigmaskers.

Daar gaan dus net een vertoning wees. Hier kan daar nie op beloftes staatgemaak word nie en indien die kaartjies nie vooraf ten volle betaal word gaan jy nie deel van die gehoor uitmaak nie. Dit werk heel eenvoudig – betaal sodra jy bespreek.

KunsteGrot se eerste vertoning tydens die Covid-19 seisoen skop op Saterdag 17 Oktober af met die gewilde, vermaaklike en enigste Rocco de Villiers wat KunsteGrot-gangers reeds by verskeie geleenthede met sy uitmuntende klavierspel vermaak het.

Tydens sy laaste vertoning in die KunsteGrot het hy die gehoor lus gemaak met ’n voorspel van Jim Muller se Keurspel Nommer 1.
Soos hy destyds beloof het, kom toor hy ook hier met die gewilde keurspele van Jim Muller soos wat hy in sy eerste aanlynkonsert op Vadersdag 21 Junie gedoen het.

The English Speaking Community is welcome to Join in the show as Rocco entertains in both languages of Afrikaans and English – In any case – Music speaks its own language. Since we are still in lockdown with restrictions on available seating, please react early to ensure your ticket for 15 October 2020. Contact Rita at 083 744 8559 to book your ticket now.
Listen to the teaser he plays after his little intro about the winners of his latest CD

Rocco Virtual – Listen Here / Luister Hier

Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die Klokkiewals” en “Zambesi”; “Warm Snare” en “Lentewals” van Hansie Roodt Snr word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu.
Hy speel ook sy eie treffers soos “Liewe Hemel Liewe Aarde”, “Kortbroek Langkouse” en “Nooit te laat”.

Alhoewel die volledige konsert dalk nie in een optrede by die KunsteGrot verwerklik kan word nie sal die gehoor hierdie huldeblyk, ’n reis van nostalgie en ’n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet, kan beleef.

Voeg daarby ‘n uitgevatte Rocco, sy humorsin en die voete begin jeuk soos net hy nuwe die lewe aan ‘n houtkas met snare en wit en swart note kan gee.

Die vertoning begin 19:00 stiptelik. Sorg dus dat jy jou tafel en sitplek betyds met jou piekniekmandjie bereik en reeds gesellig kuier voor die vertoning begin.

Kaartjies beloop R150 per persoon terwyl pensioenarisse en skoliere slegs R100 toegang betaal. Skakel vir Rita by 083 744 8559 en bespreek jou sitplek nou.

Indien jy bekommerd is oor die aandklokreël wat steeds nie opgehef is nie, bespreek dit met Rita wat jou na ’n gastehuis kan verwys.

Bespreek en betaal vroegtydig om jou plek te verseker en dat reëlings vroegtydig getref kan word indien daardie moontlikheid van ’n addisionele vertoning bestaan.

Hou Kwêvoël dop vir enige verandering ten opsigte van aantal persone teenwoordig of aan die aandklokreël wat beplande vertonings kan beïnvloed.