Kollageen – Sit terug wat ouderdom van jou eis
Niemand kan die tempo van afname van spesifieke noodsaaklike boustene van jou liggaam verander nie – dit is ’n natuurlike deel van die verouderingsproses.
Wat ons wel kan doen, is om hierdie boustene weer aan te vul om nie net jou beenstruktuur, maar ook jou spierfunksie te verbeter en elastisiteit- en vogtigheid aan jou vel te verleen.
Hierdie is nie ’n wondermiddel nie, maar doodgewone kollageen, ’n proteïene wat in samewerking met aminosure ’n unieke weefselstruktuur in die liggaam vorm, die belangrikste bestanddeel van veselagtige bindweefsel in die bene, vel en kraakbeen.

Kollageen – Sit terug wat ouderdom van jou eis
Weens veroudering verloor jou liggaam vanaf die ouderdom van 25 jaar kollageen teen ’n tempo van 5 persent per jaar. Gereken dat 30 persent van die proteïene in jou liggaam kollageen is, kan jy reeds teen die ouderdom van 40 tussen 40 en 50 persent van die kollageen in jou liggaam verloor het.
Verskillende tipes kollageen kom in spesifieke plekke in die liggaam voor.
Kollageen is belangrik vir die verhoging van digtheid en kraakbeen herstel. Sowat 80 persent van jou vel se droë massa bestaan uit kollageen. Dit verleen elastisiteit en vogtigheid en werk saam met ander proteïene en elemente om aan die vel struktuur te gee.
Alhoewel kollageen-vlak reeds vanaf jou jong volwasse jare begin afneem, vind die grootste daling by vroue tydens die menopause plaas waartydens sy tot 50 persent van haar kollageen in slegs 12 maande kan verloor.
Ons almal ken die fisiese tekens van kollageen verlies, wat on altyd eerder aan ouderdom toeskryf tog so goed, om net ’n paar te noem:
Fyn lyntjies wat hoofsaaklik op die gesig vorm
Diep plooie wat begin wys
Die vel wat later dik vertoon
Jou vel verloor sy elastisiteit en hou nie meer vogtigheid nie
Afname in beendigtheid
Afname in beengesondheid
Seer gewrigte en litte tesame met kraakbeen probleme
Lae vlakke van kollageen is nie noodwendig die hoofoorsaak hiervan nie, maar is dit eerder ’n kombinasie van verlies aan voedingstowwe soos minerale en vitamiene.
’n Goeie dieet en die regte oefeninge sal ook help om die verlies van kalsium en kollageen te vertraag.
Op die vraag of ek my kollageen-vlakke kan verhoog sê Rxvite dat hulle kollageen as “Jonk word in ’n glas” beskou, waar die verlies van kollageen weens ouderdom met ’n wetenskaplik geformuleerde aanvulling weer eenvoudig aangevul word.
Navorsing het getoon dat kollageen-vlakke kan verhoog deur gehidroliseerde Kollageen peptide aanvullings te neem.
Die kollageen wat in Rxvite se bio-aktiewe kollageen produkte gebruik word is hoë gehalte kollageen wat tot ’n spesifieke graad gehidroliseer is met optimale molekulêre gewig om deur die menslike liggaam verteer en opgeneem te word.
Toetse het getoon dat tot 90 persent van die kollageen peptide, wat deur voeding ingeneem word, wel deur die liggaam opgeneem word.
Dit is nooit te laat om kollageen aanvullings te gebruik nie. Mans kan ook kollageen gebruik aangesien dit dieselfde voordele vir beide geslagte inhou.
By Rxvite plaas ons bietjie meer fokus op die helende faktore wat been en kraakbeen aanbetref. Ons het ongelooflike terugvoer oor die invloed wat Rxvite kollageen het op kraakbeen verwante toestande.
Degenerasie van kraakbeen in die knie- en elmboog-gewrigte, is ’n algemene voorkoms.
Rxvite peptide kollageen kan beslis verligting bring.