EditorialHealth

Munisipale Hoofgebou gesluit weens Covid-19 infeksies

Die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit het ’n mediaverklaring uitgereik om die publiek in te lig aangaande die sluiting van die Hoof Munisipale gebou, die Korporatiewe gebou en die Munisipale Bestuurders gebou weens die feit dat beide die Munisipale Burgemeester en die Speaker positief vir Covid getoets is.

Die sluiting is reeds van toepassing sedert 15 Julie en kantore sal op die volgende datums weer oopmaak:

Begroting en Tesourie kantore – 17 Julie 2002
Korporatiewe Dienste kantore – 20 Julie 2020
Munisipale Bestuurders gebou – 20 Julie 2020

Alle ander kantore en geboue van die munisipaliteit sal ten volle operasioneel wees.

Raadsvergaderings word virtueel gehou en die meeste ander dienste word steeds uitgevoer.

Die Burgemeester, Raadslid John Fischer, sê in die verklaring dat die coronavirus infeksies vinnig besig is om te styg en dat almal die risiko loop om besmet te word. In die lig hiervan doen hy ’n beroep op almal om tuis te bly en om alle gesondheidsprosedures te volg indien jy buite in die publiek verkeer in ‘n poging om die virus te stop

Thabazimbi is nou die episentrum vir die virus in die Waterberg Distrik is. Dra dus jou gesigmasker, was jou hande gereeld en volg sosiale afstand voorskrifte.