HFM gesluit res van die week weens Covid-19 infeksie
Hoërskool Frikkie Meyer sal luidens hul onlangse Nuusbrief die res van die week gesluit wees en sal eers weer op 20 Julie oopmaak vir Graad 9 – 12 leerlinge.
Die sluiting is genoodsaak weens ’n positiewe Covid-19 toetsing van een van die Graad 8 leerlinge.
Die skool sal op ’n latere stadium bekend maak wanneer Graad 8 leerlinge weer toegelaat sal word om terug te keer skool-toe.
Sien aangehegte nuusbrief.