Editorial

‘Staat het gelieg oor tabak-verbod’

Die organisasie wat die regering in die hof aanvat oor die verbod op tabakprodukte, Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita), beskuldig die regering daarvan dat hulle gelieg het oor die aantal mense wat die verbod steun en dat hulle literatuur gebruik het wat geen skakel tussen die rook van sigarette en Covid-19 coronavirusbesmetting toon nie.

Nkosazana Dlamini Zuma, minister van korporatiewe sake en tradisionele sake, se 4 000-bladsy dokument wat sy voorgelê het om die verbod te regverdig, bevat ’n beëdigde verklaring waarin beweer word dat 2000 klagtes teen die verkoop van sigarette ontvang is.

Volgens Fita is slegs 1 897 terugvoerings ontvang en dat 66,7% hiervan geen verband met die verbod gehad het nie.

Intussen het die interim leier van die Demokratiese Alliansie (DA), John Steenhuisen, daarop aangedring dat Dlamini Zuma uit haar pos geskop moet word aangesien sy aan Suid-Afrikaners gelieg het om die verbod op die verkope van sigarette en ander tabakprodukte te regverdig.

British American Tobacco SA is ook op-pad hof toe om die regering aan te vat oor die besluit om die verkoop van tabakprodukte op Vlak-3 te verbied.

Read more here