Editorial

Skole sal op 1 Junie Heropen – Motshekga

Die land se minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat die land se skole wel op 1 Junie sal heropen.

Graad 12 en Graad 7 sal die eerste leerlinge van die sowat 16 miljoen landswyd wees wat sal kan teruggaan skool toe. Almal moet gesigsmaskers dra en hand higiëne toepas.

Onderwysers sal vanaf 25 Mei terugkeer skool toe. Sy het ook die versekering gegee dat skole ontsmet sal wees, gereed vir wanneer onderwyser terugkeer skool toe.

Op ’n latere stadium sal aangekondig word wanneer leerlinge in die ander grade toegelaat sal word om ook te mag terugkeer skool-toe.

Lees meer hieroor