Ysterberg Voortrekkers vier verjaarsdag tydens Inperking
Ysterberg Voortrekkers op Thabazimbi het op 4 Mei hul stigtingsdatum herdenk en die geleentheid is deur al die lede en hul gesinne tuis tydens inperking gevier.
In elke huis is daar koekgebak en versier met versuikerde Voortrekkerwapentjies wat goedgunstiglik deur een van Ysterberg se heemraadslede, Ina Janse van Rensburg, gemaak en aan die lede geskenk is.
Ina het intussen verhuis en hierdie skenking van haar was ’n goeie herinnering aan haar betrokkenheid by die Ysterberg Voortrekkers.

Leanne en Amori Weatherall-Thomas 
Lindie, Thinus en Lizzie Alers 
Marianey, Gert-Hendrik en Jarianca Du Plessis 
Chanté, Liane en Heinrich Petzer 
Renier en Ruan Venter 
Raymond Wolfaardt 
Robbie, Lounelle en Ronelle Du Plessis 
Lianca en Kevin van den Berg 
JJ en Ruan Van Wyngaard 
Danie en Karin Naudé, die stigters van Ysterberg Veldkornetskap, met die koek wat hulle vir die geleentheid gebak het. 
Ettienne, Helena en Ananda Pieterse 
Koeke en versierings 1 
Koeke en versierings 2 
Koeke en versierings 3
