DA versoek ondersoek na minister Cele se “roekelose” opmerkings
Die Demokratiese Alliansie het aangekondig dat hy die minister van polisie, Bheki Cele, na die parlement se gesamentlike komitee aangaande etiek gaan verwys en versoek dat sy persoonlik optrede tydens die nasionale inperking ondersoek moet word.
Die DA beweer dat die minister heelparty “roekelose” opmerkings tydens die inperking kwytgeraak het ondermeer dat die SAPD hardhandig teenoor misdadigers moet optree en om nie genade teenoor verdagtes te betoon nie.