Editorial

Ramaphosa: Inperking vererger ou probleem

Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief verwys na die afgelope drie weke se ontstellende tonele waar desperate mense probeer om kospakkies by verspreidingspunte te ontvang terwyl daar op talle plekke teen voedseltekorte betoog is.

Hy het daarna verwys as ’n fundamentele mislukking in ’n post-apartheid-samelewing met ’n probleem wat lankal bestaan en wat nou deur die landwye inperking baie vererger is.

Hy het ook daarop gewys dat daar geen groter ongeregtigheid in ’n samelewing kan wees as dat sommige in gemak en oorvloed lewe, terwyl ander sukkel om met min of niks te oorleef nie.

Sien meer by Maroela Media