Hoërskool Frikkie Meyer se 2019-Matriek A-simbool oes
Hoërskool Frikkie Meyer se Matriek leerlinge van 2019 het ’n uitstekende totaal van 156 A-simbole tydens die afgelope Nasionale Senior Sertifikaat eindeksamen ingeoes.
Hiervan het die top twaalf A-simbool leerlinge met 4 of meer onderskeidings, ’n totaal van 61 A-simbole verwerf.
Verder het sewe leerlinge daarin geslaag om drie A-simbole te verkry terwyl 16 leerlinge elk twee A-simbole en 42 leerlinge elk een A-simbool verwerf het.
Drie leerlinge het elk sewe onderskeidings verwerf. Hulle is:
Vier leerlinge het elk vyf onderskeidings verwerf. Hulle is:
Vyf leerlinge het elk vier onderskeidings verwerf. Hulle is:
Die Waterberg-Streek Toekennings word op Vrydag 17 Januarie 2020 aangebied. Tydens hierdie geleentheid word leerlinge, leerkragte en skole vereer ten opsigte van hul prestasies tydens die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Hoërskool Frikkie Meyer het verlede jaar arms vol trofeë huis toe gebring en hulle word alle sukses hiervoor toegewens. Hulle sal beslis nie met leë hande terugkeer nie.
Fotos onder: Opgewonde matrieks wat hulle sertifikate vroeg Woensdag 8 Januarie by die skool kom afhaal het.