Entertainment

Helene Bester sing Nana Mouskouri by die KunsteGrot

Die befaamde Nana Mouskouri sal Saterdagaand 30 November op die KunsteGrot verhoog weer lewe kry met die begaafde en talentvolle Helene Bester met haar vertolking van hierdie legendariese sangeres se liedjies.

Van die bekendstes is beslis White Rose of Athens en Cucurucu en teatergangers sal beslis nie teleurgestel word nie.

Verseker dat jy daar is met ’n voorafbespreking by 083 744 8559.

Die vertoning begin om 19:00 en bring gerus jou piekniek mandjie saam vir ’n heerlike kuier en ontspanne aand van hoogstaande vermaak.

Kaartjies kos R150 per persoon. Hierdie is die laaste lewende vertoning by  die KunstGrot vir hierdie jaar, moenie dit misloop nie.