Editorial

Jou stem is belangrik in hierdie tussenverkiesing – Wyk 2 Thabazimbi

’n Nuwe verteenwoordiger op die Thabazimbi Munisipaliteit Raad moet binnekort aangewys word nadat die DA Raadslid en ook Speaker van die Raad, dr. Bertie Joubert van die DA, besluit het om meer aandag aan sy besigheid te skenk en uit die politieke arena te tree. Die besluit raak nie sy lidmaatskap aan die DA nie.

Bertie was die verteenwoordiger van Wyk 2 sedert die DA in ’n koalisie beheer oor die ANC-beheerde Munisipaliteit geneem het. ’n Tussenverkiesing sal op 27 November 2019 gehou word om ’n nuwe Raadslid aan te wys. Wyk 2 beslaan die grootste gedeelte van Thabazimbi-dorp en strek langs die Thabazimbi/Marakele pad tot by Marakele en verder suid tot by Rooiberg:

Sien aangehegte kaart by
https://wazimap.co.za/profiles/ward-93601002-thabazimbi-ward-2-93601002/

Stemlokale sal die komende naweek van Saterdag 12 Oktober en Sondag 13 Oktober 2019 vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees vir kwalifiserende stemgeregtigdes om te verseker dat hulle name wel op die kieserslys voorkom.

Die stemlokale is:
Hoërskool Frikkie Meyer
Uitbreiding 8 (Tent)
Spitskop Special Needs School
Zimthabi Lodge
Sekelbos Kontant Winkel
Rooiberg: Thaba Khibidu School en
Rooiberg Community Hall.

Indien jy nie kan uitmaak op die kaart of jy in Wyk twee val nie, besoek gerus die stemlokaal naby jou om te verseker dat jy wel geregistreer is om in Wyk 2 te stem.

Alhoewel dit dalk nie so mag blyk te wees nie, is hierdie tussenverkiesing net so belangrik as die vorige munisipale verkiesing – Elke stem sal gewig dra.

Stemgeregtigdes moet verseker dat hulle identifikasie in die vorm van hul ID-dokument (groen boekie met strepieskode of ID-kaart of geldige tydelike ID-sertifikaat) en bewys van hul fisiese woonadres met genoeg bewys van volledig adres (enige rekening wat die fisiese adres, NIE posbusadres) bevat. Dit hoef nie ’n gesertifiseerde munisipale rekening te wees nie.

Indien jy dit nie die naweek na een van die stemlokale kan maak nie, besoek gerus die plaaslike IEC kantoor in Thabazimbi (H/V Vanderbijl- en Judithstrate – Skuins oorkant ou Standard Bank gebou) gedurende besigheidsure op weeksdae.

Stemgeregtigdes wat ’n spesiale stem wil uitbring kan dit doen op 26 November by die stemlokaal, of indien noodsaaklik tydens huisbesoek tussen 08:00 en 17:00. Aansoeke hiervoor moet gerig word aan die plaaslike IEC kantoor gedurende kantoorure vanaf 11 – 15 November 2019. Aansoek hiervoor kan ook op die IEC se tuisblad by www.elections.org.za gedoen word waarna hulle per SMS in kennis gestel word dat hulle aansoek oorweeg word. Vordering van die aansoek kan ook op dieselfde tuisblad gedoen word.

Wyk 2 – Kaart
https://wazimap.co.za/profiles/ward-93601002-thabazimbi-ward-2-93601002/

Losweg is die beskrywing van die wyk soos volg:

Suid van Dertiende Laan en Oos van Vanderbijlstraat Thabazimbi en Judithstraat tot by die ou Hospitaal – Plus die gedeelte Suid van Vanderbijlstraat vanaf Thaba Park en verder Oos vanaf Hamerkopstraat tot by die vliegveld, by die Thabazimbi/Marakele-pad, insluitend Spitskop en Kwaggasvlakte tot teen Marakele. Weerskante van Bakkerpas en verder Suid tot by Zimthabi Lodge en daarna verder suid-oos tot by Rooiberg.