Editorial

Sondag Kommentaar

Die Vierde Industriële Rewolusie – Is Afrika reg hiervoor?

Die wêreld staan op die drumpel van ’n tegnologiese rewolusie wat ons lewenswyse, werk en hoe ons met diegene om ons sal skakel fundamenteel sal verander in ’n mate wat nog nooit tevore in omvang en kompleksiteit ooit deur die mensdom beleef is nie.

Alhoewel ons nog nie weet hoe dit gaan ontvou nie, is een saak duidelik naamlik dat dit ’n geïntegreerde en omvattende aksie moet wees wat al die rolspelers, globaal, vanaf die gewone publiek, privaat sektore, akademici en burgerlike gemeenskappe gaan betrek.

Dit is naamlik die Vierde Industriële Rewolusie wat op almal se lippe is, insluitende die van Suid-Afrika se minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga. Groot woorde uit die mond van iemand wie se groot-grootouers nooit die wiel uitgevind het nie, kleintjies op hulle rug vasmaak en water in houers op hulle koppe na hul huise aandra.

Die eerste industriële rewolusie het plaasgevind toe water en stoom aangewend is om produksie te meganiseer. Dit wiel, wat op hierdie stadium reeds goed aangewend is in die grootste deel van die bekende wêreld, het ’n groot rol hierin gespeel, terwyl die inheemse bevolkings van Afrika eers na kolonisasie deur Europese moondhede aan die wiel blootgestel is.

Die Tweede Industriële Rewolusie het behels dat elektries krag aangewend is vir massaproduksie. Die Derde Industriële Rewolusie het plaasgevind toe elektronika en inligtingstegnologie aangewend is om produksie te outomatiseer. Laasgenoemde speel nog nie werklik ’n rol in Afrika nie aangesien daar te veel ongeskoolde mense werkloos gelaat sal word, soos tans gebeur met boerderye en industrieë wat meganiseer aangesien die halfgeskoolde arbeid te onbetroubaar is as gevolg van die ontwrigtende invloed van vakbonde.

Die Vierde Industriële Rewolusie bou eintlik net voort op die Derde, met die digitale rewolusie wat omstreeks die helfte van die vorige eeu sy inslag begin vind het.

Die Vierde Rewolusie het ontstellend vinnig ontwikkel en gaan in die meeste ontwikkelende lande industrieë ontwrig. Totale stelsels sal herontwerp moet word om produksie-, bestuur- en beheerstelsels te transformeer om hierby aan te pas.

Die moontlikhede gebied aan miljarde mense, wat deur hulle mobiele toestelle, wat reeds oor ondenkbare prosessering-krag, stoor kapasiteit en toegang tot inligting beskik, om hul lewensgehalte te verbeter is legio. Dit sal nog verder vermenigvuldig met ontluikende tegnologiese deurbrake in kunsmatige intelligensie, robot-tegnologie, internet, selfbestuur motorvoertuie, 3-D drukkers, nano-tegnologie, bio-tegnologie, die wetenskap van metale, energie-storing en kwantum wetenskap.

Die beskikbaarstelling van die geweldige groot hoeveelhede data het gelei tot nuwe programmatuur en die ontdekking van nuwe medisyne, tot algoritmes wat selfs voorspellings kan maak aangaande jou kultuur-belangstellings.

Ingenieurs, ontwerpers en argitekte maak reeds gebruik hiervan deur die kombinasie van rekenaar ontwerp, ingenieurs ontwerpte materiale en sintetiese biologie om ’n simbiose tussen mikro-organiese, ons liggame, die produkte wat ons inneem en self die geboue waarin ons bly te skep.

Net soos die voorafgaande rewolusie beskik die Vierde Industriële Rewolusie oor die potensiaal om globale inkomstevlakke te laat styg en lewenskwaliteit vir bevolkings regoor die wêreld te verbeter.

Deurdat die digitale wêreld baie maklik bereik kan word, het ons reeds die voordeel van nuwe produkte en tegnologie wat ons lewe vergemaklik soos Uber persoonlike vervoer, ’n vliegtuigkaartjie te bespreek, produkte aanlyn koop, betalings doen, na musiek luister, ’n film kyk of ’n aanlyn rekenaarspeletjie speel, alles net met die afstandbeheer wat jy in jou hand vashou, jou selfoon.

Daar word voorsien dat in die toekoms tegnologiese ontwikkeling tot langtermyn voordele sal lei, so ver dit produksie en produktiwiteit aan betref. Vervoer- en kommunikasie koste sal afneem, logistieke en voorsieningskanale sal meer doeltreffend bedryf word terwyl die verlaagde handelskoste kan lei tot nuwe kanale tot markte en ekonomiese groei aangewakker kan word.

Die aanvanklike werksverliese kan opgemaak word deur die oortollige werkers her op te lei in meer welvarende werksgeleenthede.

Mens kan seker met reg aflei dat Angie Motshekga hierdeur gelei is in haar rewolusionêre nuwe onderwys strategie. Wat sy vergeet is dat haar nuwe Gr 9 (STD 7) sertifikaat steeds nie gaan verseker dat die ontvangers daarvan behoorlik kan lees en skryf en dat hulle wel verder opgelei wil word in die nuwe uitdagings wat die Vierde Industriële Rewolusie aan alle inwoners stel nie.

Suid-Afrika en Afrika in geheel se bevolkings sal steeds met probleme soos bevolkingsontploffing, swak onderwys, swak mediese- en staatsdienste, korrupsie en swak staatsbestediging regoor die kontinent opgeskeep sit terwyl die Vierde Industriële Rewolusie, nes die wiel, verby hulle rol.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur