3 Vermeende Rolex-bendelede in Fourways aangekeer
Drie vermeende lede van die berugte Rolex-Bende is die afgelope naweek gedurende ’n gesamentlike offensief deur die Johannesburg Metro Polisie se K9-Eenheid, Die Valke, Bad Boyz Sekuriteit , SAPD en Tracker gearresteer terwyl hulle in ’n rooi VW GTi en maroen Ranault Sandero ’n potensiële slagoffer gevolg het.
Die arrestasie is gedoen voordat hulle op hul teiken kon toeslaan en beroof.
Die eerste kontak waarby die Rolex-Bende met die gereg betrokke was, was sowat ses jaar gelede toe die Sandton Polisie ’n saak ondersoek het wat ooreengestem het met verskeie sake waarby die sogenaamde Rolex-bende betrokke was.
Tydens die voorval het vier mans in ’n wit Audi Q5 ’n senior advokaat met ’n vuurwapen aangehou toe hy sy kantoorgebou in sy Porche Panamera verlaat het in een van Johannesburg se Noordelike voorstede, hom agtervolg en hom uiteindelik slegs van sy duur Cartier horlosie beroof het. Dit was een van soortgelyke voorvalle wat deur die polisieondersoek is.
Drie jaar gelede is drie mense, beweerder lede van die berugte Rolex-Bende skuldig bevind aan moord, roof en verskeie ander ligte aanklagtes.
Die bende is berug daarvoor dat hulle mense wat duur persoonlike besitting het regoor al die welgestelde woonbuurte in Johannesburg te teiken.