Amplats meer as verdubbel sy verdienste met PGM
Aandeelhouers kan hulle gereedmaak vir ’n groter dividend nadat die groep voordeel trek uit die hoër rand prys van Platinum Groep Metale (PGM).
Volgens ’n verklaring deur Anglo American Platinum sal die verdienste per aandeel vir die ses maande tydperk tot einde Junie, sowat 112% hoër wees as vir dieselfde tydperk verlede jaar. Buiten die hoër prys vir sommige van die platinum groep metale, trek die firma ook voordeel uit ’n voorraadopname toename van R1 miljard teenoor die verlies van R500 miljoen van verlede jaar.
Basiese verdienste sal na verwagting tussen 224% en 244% hoër wees. Verlede jaar was die verdienste negatief beïnvloed deur die R600 miljoen waardedalingsverlies wat verband hou met 33% aandeelhouding onttrekking in die Bafokeng Rasimone Platinum Myn vennootskap met Royal Bafokeng Platinum en die R800 miljoen verlies tydens die finalisering en beskikking van sy Union Myn en MASA Chrome.
Die groep het verlede jaar sy grootste ooit dividend verklaar en het ook sy uitbetaling-beleid verander na hersiening van sy portfolio van myne en deur ontslae te raak van nie-winsgewende operasies. Vanjaar het die groep ook voordeel getrek uit die swakker rand.
Ingevolge die nuwe beleid sal die groep se uitbetalings aan aandeelhouers sowat 30% hoër as voorheen wees.
Die groep se tussentydse resultate sal op 22 Julie vrygestel word. Anglo American Platinum se aandele het ook op 15 Julie met 1,2% gestyg tot R805.95 per aandeel.
Bron: Stephen Gunnion