Entertainment

KunsteGrot vier 13de Jaar met Kevin Leo

KunsteGrot in Thabazimbi vier vanjaar sy dertiende verjaarsdag op Saterdag 1 Junie met die gewilde Kevin Leo, een van die drie tenore, as gaskunstenaar.

Hierdie gaan ’n onvergeetlike geleentheid wees wat jy nie durf misloop nie. Dit is nie elke dag dat ’n gemeenskap soos die van Thabazimbi die geleentheid gebied word om saam met een van die bekendste tenore in Suid-Afrika partytjie te hou nie en boonop met ’n fantastiese konsert beloon word.

Die aand gaan ’n Italiaanse kleur en atmosfeer hê. Dit sluit in die dekor, eetgoed en natuurlik die musiek met Kevin Leo.

Kevin neem die gehoor met Juweeltjies op my pad op ’n sentimentele reis deur sy 21 jaar in die musiekbedryf. Hier word jy bederf met ’n keur van sy gunstelinge uit verskillende musiek genres.

Treffers soos My Way van Frank Sinatra, Liefling van Gé Korsten, die Drinking Song uit The Student Prince, Voshaarnooi van Coenie de Villiers en so sal die aand se Italiaanse kleur beslis verder ingekleur word met Nessum Dorma, een van die bekendste en gewildste liedere onder tenore.

Kaartjies, is beskikbaar teen R 200 per persoon, ’n baie billike prys as gereken word dat dit die ete en konsert insluit. Die Italiaanse atmosfeer is sommer op sy eie maklik die helfte van die prys werd. Konsertgangers is welkom om hul eie drankies vir die aand saam te bring.

Bespreek ’n tafel vir ses of meer persone en jy kry ’n verdere 10% afslag daarop. (Slegs op betaling tydens bespreking).

Jy sal ver moet gaan (petrol uitgesluit) om so ’n aanbod te klop. Staan saam en trek saam op na die KunsteGrot op Saterdag 1 Junie 2019. Jy sal die aand se ervaring lank daarna steeds onthou.