Ineenstorting van Group Five benadeel kontrakteurs
Die ineenstorting van Group Five, een van die grootste kontruksiemaatskappye in die land, het ’n domino-effek op die honderde kontrakteurs aan wie etlike miljoene rande geskuld word wat dalk ook dalk hul deure sal moet sluit.
Group Five was gedurende 2016 een van sewe kontruksiemaatskappye wat gesamentlik R1,4 miljard beboet is weens stremmende praktyke gedurende die bou van Suid-Afrika se Sokker Wêreldbeker stadions.
Volgens The Cape Argus het Moneyweb berig dat die firma se bedrywighede op 12 Maart op die Johannesburgse Aandelemark na 45 jaar gestaak is nadat die firma aansoek gedoen het vir sekwestrasie beskerming. Dit is die vyfde firma wat in minder as ’n jaar hierom aansoek gedoen het. Group Five se markwaarde wat op R8,2 miljard in 2007 bereken is, was minder as R100 miljoen werd toe verhandeling van hul aandele gestaak is.
Volgens die woordvoerder van Group Five, Heidi Geldenhuys, het Group Five Konstruksie en sy affiliasies ’n operasionele verlies van sowat R1,23 miljard vir die jaar eindigend Junie verlede jaar getoon toe dit ’n negatiewe kontantvloei van R880 miljoen ervaar het.
Volgens Geldenhuys het die firma se onvermoë om fondse te bekom, homself in die posisie bevind dat hy nie al sy skuld sal kan vereffen nie.
Tydens ’n reddingsvergadering op 11 Maart is vermeld dat verskeie projekte waaronder die oprigting van nuwe skole en die bou van paaie, nie voltooi kan word as gevolg van ’n tekort aan kapitaal weens uitstaande vergoeding.