Die 1966 Matriekgroep van Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope naweek weer saam gekuier op “Ouma se Plaas”, ’n gasteplaas sowat 6km buite Swartruggens.
Die groep van 15 Oud-Frikkies en hul gades het heerlik saam gekuier en fees gevier.
Die groepie is op die foto van links voor: Susan (du Toit), Rita (du Preez), Elsabé (van Dyk), Hansie Snyman, Elsa (Viljoen), Nita Human en Boesman Steenekamp. Middel: Sarie (Minnaar), Fanie Fürstenburg en Johanna (van Deventer). Agter: Jan Briel, Jas Janse van Vuuren, Johan Pistorius, Buks van den Berg en Johan van Staden.
Johan Pistorius en Rita Volschenk het die hele pad van hulle skoolloopbaan, vanaf Graad 1 op Laerskool Groenvlei tot Matriek in Hoërskool Frikkie Meyer, saamgestap.