Aliza-Aviela bied Lentetee vir seniors
Die Aliza-Aviela uitreikingsgroep van die NG Kerk Thabazimbi het die senior lidmate met ‘n heerlike Lentetee met vingerete op Woensdag 26 September by die NG Kerksaal bederf waar almal heerlik saam gekuier het.
Dit was ook spesiaal vir Carol Retief wat toe ook sommer haar 70ste verjaardag saam met van haar vriendinne kon vier. Annetjie Joubert, Belinda Kleynhans, Wilma Smalberger en Yvonne van Niekerk het saam met haar om die tafel gekuier. Die ander vriendinne was so bietjie wyer in die saal versprei.
Al die eetgoed is voorsien en die heerlike maalvleis en kaas vetkoekies is deur Deleene Fourie geskenk.
Vanjaar het van die vrouens hulle eie ideë van mooi, anders en sagte kleure en versierings op die tafels tereg laat geskied aan die Lenteoggend.
Baie dankie aan elke kuiergas, julle is spesiaal en dank ook aan dr Tinus wat die gelukwense en tafelgebed gedoen het.
Baie dankie aan almal wat so geredelik reggestaan het: Annelise Kotzé, Dalien van Dijk, Ina Cloete, Kobie Coetzee, Ronel Greeff en Ronel Joubert, Teresa Burger, Theresa Pretorius en Tilla van Rheede van Oudtshoorn.