Ter afsluiting van Vroue-maand het die plaaslike SAVF-tak in samewerking met Thaba Superspar, Saterdagoggend ’n pretloop aangebied waar vroue en die gewillige mans die 5 en 10 km pretlope aangedurf het.
Die wedloop moes van die parkeerterrein by Thaba Superspar verskuif word na Thaba Park aangesien die belangstelling te groot was met sowat 200 inskrywings.
Magda de Clerk (middel agter) saam met SAVF Lede en vrywilligers by hulle stalletjie tydens die Pretloop.
Hierdie was nie ’n amptelike wedloop nie, maar steeds was daar die groepie wat alles ingesit het om die afstande vinnig af te lê.
Die eerste twee deelnemers van die 10km pretloop was Maxwell wat die afstand in ’n tyd van 34 min en 30 sek voltooi het gevolg deur Victor in ’n tyd van 34 min en 33 sek.
Die SAVF se stalletjie deur lede en vrywilligers beman en het heerlike eetgoed verkoop.
SAVF is baie betrokke in die gemeenskap ten opsigte van die voorkoming en hantering van geweld teenoor vroue en kinders met welsynsdienste en ondersteuning van slagoffers.
Hulle benodig ook bydraes vanuit die gemeenskap aangesien hulle permanente personeel moet aanstel om in hierdie dienste te voorsien. Verder samel hulle geld in deur byeenkomste soos die Pretloop asook Hansie en Grietjie Kleuterskool waardeur baie goeie diens teruggevoer word aan die gemeenskap.
Vir meer inligting en as u dalk belangstel om by hulle aan te sluit, hetsy as lid of vrywilliger, skakel Magda de Clerk by 061 370 5643.
A few did the daring thing and did not back-out for the “Abuse against Women Challenge”. Together they decided to tackle the 5km Fun-walk wit their high heels. These girls showed a natural knack with their stiletto’s and recon that next year they will take on the 10km Fun-run with their high heels.
Verskeie instansies het dan ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir hul eie organisasies ook ’n geldjie in te win met stalletjies waar van eetgoed en koeldranke tot allerhande ander lekkernye en produkte te koop aangebied is.
Die Tambotie Versorgingseenheid se stalletjie is beman deur van Links: Tanya Botha, Schalk Pienaar, Barbara Pienaar, Carin Van De Groenekan en Lynette Lewis. Tambotie versorgingseenheid het hulle stalletjie ook beman met die doel om fondse vir die versorgingseenheid in te samel. Hierdie mense sien om na ons verswakte bejaardes wat nie noodwendig oor die nodige finansies beskik om ten volle vir hulle verblyf te betaal nie. Plaaslike besighede, insluitend Buco en NTK het reeds donasies gelewer ter verbetering van die water infrastruktuur by Tambotie om ondermeer hulle eie reserwe watertenks te installeer. Indien jy belangstel om deur jou besigheid of in jou persoon ’n bydrae te lewer, skakel Barbara by 082 951 8232. Kwêvoël het onderneem om ’n gratis redaksioneel hieroor te doen ter erkenning van enige nuwe bydraes. Foto links: On the right, our own Dajana, Miss Classic International SA 2018 and the SA finalist for Glow TV’s Miss International SA 2018 (Finals 1st September) with friend, Lizette (left). With them is Moksie Pelser, one of the marshals and organizers helping to make this Fun-run a big success.
Met ‘n pruik en rok het hy homself verbind tot die uitroeiing van geweld teen vroue en kinders.
Gert en Tersia was van die min deelnemers wat hulle honde ingeskryf het om ook aan die Pretloop deel te neem. Op die foto is hulle saam met Basjan en Barbie wat die hele afstand saam met hulle ouers meegemaak het.
Tjaart Pelser wat êrens aan die begin van die pretdraf by die hek met sy rooi tekkies opgemerk is, het dit na die eerste draai uitgetrek en eerder kaalvoet sy teenkanting teen “abuse” van vroueregte ondersteun het.
Alison en Abigail, die tweeling wat hul feëtjievlerkies by Kuikenden se stalletjie kom klap het.
Die 10km Pretloopwenners, Victor (regs) 2de en Maxwell (wenner)
Hannes van Thaba Superspar net voor die klomp stappers weggespring het.
Die administratiewe dames van Hoërskool Frikkie Meyer het ‘n goeie span vir die Pretstap ingeskryf.
Die klomp Unicorns by die stalletjie van Kuikenden Kleuterskool was van links: Marli, Michelle, Chantal Nicolene en Ansce. 10% van hulle verkope het hulle ook aan die Abuse projek geskenk.
Heelwat ouers het met hulle kleuters en baba’s in stootwaentjies opgedaag.
Die groepie ondersteuners het as ’n span saam begin maar die twee wenners het hulle later bietjie agtergelaat. Hulle is op die foto van links: Andrew, Victor (tweede), Blessing, Piet, Victor, Letlhogonole en Maxwell (wenner).
Van links: Bernadine, Moks en Cornel, staan vir ’n foto vir Kwêvoël.