Die Britse eersteminister, Theresa May, het haar daartoe verbind om die G7 se grootste belegger teen 2022 in Afrika te wees deur gebruik te maak die Verenigde Koninkryk se ontwikkelingsbegroting. Dit is nie net om armoede te verlig nie, maar om houbare investering in die omgewing vir Britse besighede te voorsien.
Sy het hierdie uitlating gemaak voor gaste van die Britse Hoër Kommissaris in Kaapstad nadat sy Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het en voordat sy Ramaphosa vir samesprekings by Tuynhuys in Kaapstad ontmoet het.
Sy het genoem dat Brittanje grondhervorming steun in soverre dat dit wettig, deursigtig en deur ’n demokratiese proses plaasvind. Sy het verder genoem dat sy reeds hierdie onderwerp met president Cyril Ramaphosa vroeër vanjaar tydens sy besoek aan Engeland bespreek het.
Sy het verder genoem dat Engeland Ramaphosa se benadering tot grondhervorming steun en glo dat dit verdere beleggingsmoontlikhede in Afrika sal ontsluit.
May het verder gesê dat haar belofte van £4 miljard in Afrika se ekonomie gemik is op werkskepping vir die jeug.
Sy het ook daarop gewys dat Afrika van nou af tot 2035 sowat 18 miljoen werkgeleenthede moet skep, net om by te hou by die versnellende bevolkingsgroei in Afrika. Dit is sowat 50 000 nuwe werkgeleenthede wat daagliks geskep moet word om werkloosheid om die bestaande vlak te hou.
Tans is ongeveer 60% van swart Afrikane onder die ouderdom van 25 jaar en dat so ’n jeugdige deel van die bevolking die ekonomie kan verryk indien dit behoorlik vasgevat word.
Indien Brittanje hierin sou faal, het sy gesê, sal die negatiewe ekonomiese en omgewingsimpak elke uiteinde van die wêreld bereik.


