News24 berig dat die voormalige Intelligensie-hoof, Pat Mokushane, gearresteer is Donderdagaand op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.
Twee onafhanklike bronne bekend aan News24, het gesê dat Mokushane, Brigadier Leonora Bamuza-Phetlhe en nog ‘n polisie-offisier verbonde aan misdaad intelligensie Donderdagaand gearresteer is.
Die drie sou na verwagting gister, Vrydag 15 Junie, in die Gespesialiseerde Kommersiële Misdaad-hof in Pretoria voorkom, waarskynlik op klagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.
Daar word na bewering aangevoer dat vervals eise en omkoopgeld aanvaar is vir korrupte betalings.

