Kontrei Nuus – Uit die Kwêvoël Argiewe
Krap mens in die argiewe van Kwêvoël, dan besef jy hoeveel mense en dinge het reeds die afgelope 34 jaar deur die Kwêvoël se blaaie gegaan en hoeveel gaan steeds daardeur.
Daar is nie meer so baie oor van die papier argiewe nie, maar hier en daar is daar tog ’n stukkie wat in die vorm van ’n foto of wat oorgebly het.
Hier onder is ’n bladsy uit ’n uitgawe gedurende November/Desember 1995. Verbasend dat die paartjie hulle nou as inwoners van Thabazimbi bevind.
Geluk met julle huweliksherdenking op 11 November, Jacques en Isabel.