Editorial

Suid-Afrika – Die Gesteelde Land

Die saak van die gesteelde land gesien deur die oë van generasies wie se voorvaders die vaardigheid van skrif en die lees daarvan ontwikkel het en dit as kultuur uitgebou het om tred te hou met die werklikheid van die tyd wat jy as mens op die aarde deurbring, verskil totaal van ongeletterde inwoners, wie se voorvaders nog nooit eens hieraan gedink het nie, wat van dag tot dag leef sonder om voorsiening vir die volgende dag te maak.

Godsdiens het nog altyd ‘n rol in die ontwikkeling van kultuur gespeel. In die begin, lank voor mense die geskrewe woord ontwikkel het en die kuns om dit te kan lees, was daar eers die voorvaderlike geeste wat steeds deesdae deur Sangoma’s en toordokters uitgebuit word om die aanhangers bang te maak vir die wraak om getoor te raak indien sekere tradisies nie nagekom word nie.

Kultuur beteken groei, groei spesifiek deur geleerdheid en onderrig. Ongelukkig maak Sangoma’s en toordokters nie deel uit van kultuur nie, slegs van tradisie en bygeloof. Tradisies moet deur opvoeding en geleerdheid aangepas word om plek te maak vir kultuur om wortel te skiet.

Iets wat vir ons alledaagse mense nie eens saak maak of beredeneer word nie, is vir ander mense ‘n geweldige strydpunt. Die rede: Hulle maak staat op tradisie en dit wat aan hulle oorvertel word, inplaas daarvan om die feite in die oë te kyk en hulself kultureel te verryk.

Glo dit of nie – daar is steeds mense wat dink die aarde is plat. Dit net omdat die Bybel letterlik opgeneem word dat die aarde op pilare staan, en hiermee saam dat die son om die aarde wentel.

Die kulturele groei deur godsdiens het vir ‘n hele paar konfrontasies binne die geledere van dieselfde kultuur gesorg. Met hierdie konfrontasies het die kultuur ontwikkel deur navorsing om die spesifieke kwessies te beredeneer. Binne die konteks van feite is wetenskaplike bewyse gevind wat oor en oor dieselfde resultate lewer. So het die redelike mens nie nodig om bewyse te hê dat die aarde rond is en in een jaar sy baan om die son voltooi nie.

Gaan mens terug na die redes wat aangevoer word dat die wit mense die swartmense se grond gesteel het. Ongelukkig vind dit groot aanklank by die swart stamme van Suid-Afrika aangesien hulle voorvaders nooit tot by die kultuur van die geskrewe woord ontwikkel het nie.
Dit wat hulle in glo is stories wat deur die een geslag na die ander oorgedra word en dan net so deur hul leiers as kultuur verkondig word.

Die swart kultuur bevind homself nog in stamverband. Solank dit die geval is, is die kanse dat die kultuur kan groei maar baie skraal. Dit laat nie plek vir formele onderrig nie, slegs stamgebonde inisiasie-skole waar jong mans besny word en hulle in die koue in skuilings moet oorleef.

Alhoewel die Christelik geloof, Rooms Katoliek en Protestants, ‘n groot rol gespeel het in die vorming van veral die Westerse kultuur deur die vestiging van universiteite, het dit tot ontwikkeling in die verskillende wetenskappe op alle gebiede gelei.

Die hoofrede hiervoor is dat studente toegelaat word om oortuigings en bevindings te bevraagteken. Deur te bevraagteken word navorsing gedoen, en al word die oplossing van die een eienskap in die uitspansel, die oorsprong en opwekking van swaartekrag ‘n duistere geheim bly, word dit daagliks deur een en almal toegepas en gebruik.

Lank voor die koms van die Christelike geloof was daar talle beskawings met ‘n onderwyskultuur wat nie meer stamgebonde was nie. Een gemene deler is die invloed van godsdiens op die ontwikkeling van die leerkultuur – seker maar omdat die mens vanaf die vroegste tyd probeer verstaan het waar hy vandaan kom.

Die maklikste was om hierdie vraag te beantwoord deur die aanvaarding van ‘n oppermag, wie en wat dit ook al mag wees. So het elkeen van hierdie ou beskawings hul eie interpretasie, hetsy dit een, of verskeie gode of die son en die maan, wat oor die skeppingsmag beskik, gehad.

‘n Universiteitsgraad gee nie vir jou outomaties kennis nie. Die meeste van die grade wat deesdae deur Suid-Afrikaanse universiteite toegeken word beteken absoluut niks en is dit nie jou paspoort tot ‘n pos in die hoë-tegnologie en professionele arbeidsmark nie.

Ongelukkig het meningsverskille tussen aanhangers van dieselfde geloof soos Joods, Rooms Katoliek en Protestants en al die sektariese kerke wat die Christengeloof omarm, dieselfde ten opsigte van fanatiese en gematigde aanhangers van die Moslem/Islam geloof-oortuiginge en hulle verskeidenheid van sektariese uitvloeisels binne hierdie geloofsverband, veroorsaak dat mense deur medegelowiges uit hul land van oorkoms verban is of moet vlug om te verhoed dat hulle doodgemaak word.

Suid-Afrika is ‘n sprekende voorbeeld hiervan met die Franse, Hollanders en Britte wat die vervolging van Protestante deur die Rooms Katolieke wou vryspring.
Die mees onlangse voorbeelde hiervan is wat huidig in Iran en Libië gebeur waar duisende mense na Europa vlug om weg te kom van hule mede Moslem gelowiges se gewelddadige aanvalle op medegelowiges.

Uit ‘n geskiedenis oogpunt en die werklikheid van die wêreld waarin ons leef, het oorloë die huidige tendens van die wêreld se verskeidenheid van nasies neergelê en nie ‘n kontinent nie.

Blykbaar is daar een kontinent op aarde, naamlik Afrika, wat volgens ons geagte president Zuma se gewaagde stelling so groot is dat “al die ander kontinente op aarde” daarin sal pas, wat nie by die geskiedkundige oorsprong van nasies inpas nie.

Een rede hiervoor is dalk die feit dat die swart nasies van Afrika geskiedkundig gevestig was Suid van die Sahara en Noord van Somalië, waar hulle heen en weer, van oos na wes oor sentraal Afrika hul nomadiese bestaan gevoer het.
Dit was sonder die geskrewe woord en elke stam het sy eie taal en tradisies gehad. Hulle het mekaar beveg en uitgemoor in hul soeke na weiding vir hul vee of soos hulle agter wild aan getrek het. Van nasiewording was daar geen sprake nie, hulle was te besig om mekaar uit te roei as om hulself in een gebied te vestig en vir hulself te begin sorg.

Tog was daar die hoogs gevorderde Egiptiese beskawing nog voordat die Arabiere, wat hul oorsprong uit die Jode het met ‘n gesamentlike voorvader gedeel het. Hierdie nasies was geletterd met hul geskrifte, boeke en biblioteke. Iets wat die swart nasies in Afrika nooit uit hul eie ontwikkel het nie.

Afrika het nog nooit uitsluitlik aan sy swart stamme behoort nie. Arabiese slawehandelaars het die swart mense by hul opperhoofde gekoop en aan die ander nasies as slawe verkoop. Dit was lank voordat die kolonialistiese periode toe mense begin uitwyk het na ander lande en kolonies gestig het. Nie dat almal so godsdienstig was nie, daar was ook maar ‘n hele paar meelopers met hul bordele, uitbuiters skelms. Tipies met dieselfde samestelling wat ons deesdae het.

Die eerste kolonies was dan ook op skaars- of onbewoonde kontinente gevestig. Die meeste van hierdie kolonies was ongerep deur menslike teenwoordigheid, almal op die seeroetes na die ooste vir die speserye en sy.

Vreemd dat hierdie mense steeds na honderde jare in die meeste gevalle hul oorsprong kan navors terwyl min swart mense weet waar hulle voorvaders drie- tot vyfhonderd jaar gevestig was, nog minder waar hul vanne vandaan kom. So is lande bevolk en nasies gevorm.

Die mengelmoes van tale wat die oorspronklike nedersetter gepraat het is in die meeste gevalle tot een of twee tale, en in Suid-Afrika se geval waar ‘n nuwe taal gebore is uit hierdie mengelmoes. Die taal is Afrikaans wat sy plek volstaan tot in die hoogste van kulturele vlakke van universiteit opleiding op alle vakkundige gebiede.

Waar die swart gemeenskappe hul regverdiging kry van Afrika vir swartmense weet die duiwel alleen. Klaar sluit hulle die Egiptiese en Arabiese gemeenskappe wat duisende jare in Afrika gevestig is uit. Op grond waarvan? Dat hulle nie tot ‘n duisend kan tel soos onse president wat nie ‘n getal groter as 1000 kan verwoord nie.

Hoe ver moet ons terug gaan in die verlede om ‘n basis te kry oor ons oorsprong as mens, as nasie en as beskawing.

Die argumente wat aangevoer word hoekom slegs swart mense geregtig is op grondbesit in Suid-Afrika en dat die sogenaamde kolonialiste hulle grond gesteel het is absurd. Ons is almal maar net deel van die samelewing sedert ons geboorte to die dag dat ons dood is. Net so min as wat jy eiendom kan eis op grond van jou ras of geboortereg, kan jy eienaarskap saamneem nadat jy dood is. Jou besittings is die erfenis van jou kinders en eiendom behoort aan die persoon wat dit met ‘n koopkontrak verkry het.

Eiendom is nie verniet soos wat die regerende party die indruk probeer skep met die uitdeel van huise en die belofte van plase aan hul ondersteuners nie. Net so min kan dienste op die eiendomme gratis verskaf word, soos wat bewys is met die gereelde gewelddadige betogings teen munisipaliteite wat nie in staat is om dienste, selfs teen vergoeding, te verskaf nie.

Om te verwys na Tolkien, skrywer van “Lord of the Ring”, waar Gandalf aan Frodo sê: “I wish it need not have happened in my time,” said Frodo. “So do I,” said Gandalf, “and so do all who live to see such times. But that is not for them to decide. All we have to decide is what to do with the time that is given us.”

Indien grond aan die natuurlike inwoners van Afrika teruggegee moet word, wat van die afstammelinge van Mzilikazi? Moet hulle ook die grond terug gee wat hulle verkry het deur kleiner stamme op hul pad na die suidpunt van Afrika uit te moor, veral ten opsigte van die Koi en San inwoners, of word hier net verwys na wit inwoners wat lank reeds nie meer kolonialiste genoem kan word nie?