CommunityFeaturedJobs

Skenkingswinkel – Kontrakteurs gesoek – ‘n Gulde geleentheid

Kontrakteurs vir verskeie Skenkingswinkels in Limpopo en Noordwes word benodig om die winkels te bestuur.

Kan jy sneeu aan ’n Eskimo verkoop? Sien jy ’n winskoop op ’n afstand raak? Dan is jý die een waarna ons soek. Solidariteit Helpende Hand is op soek na kontrakteurs in die Limpopo-streek wat hul plaaslike skenkingswinkel, “Ons Winkel”, kan bestuur.

Die doel van Ons Winkel is om behoeftige mense in die plaaslike gemeenskap by te staan en ook om as gerieflike afleweringspunt vir skenkings te dien. Ons Winkel is werkskepping vir ’n persoon wat graag deel wil word van Helpende Hand se missie om armoede uit die gemeenskap, deur die gemeenskap die hok te slaan.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap om te gaan studeer wat nie andersins ‘n geleentheid sou gehad het nie. Ander maatskaplike hulp word ook aangespreek deur die wins wat die winkel maak.

“Om te dink dit wat in jou kaste of huis is wat jy nie meer gebruik nie, kan omgesit word in ‘n Studiefonds vir ‘n kind. Dit maak dat mense dan makliker wil weggee vir die winkel,” sê René du Preez, projekorganiseerder by Helpende Hand. “Enigiets is welkom, van klere, kombuisware, linne, meubels tot speelgoed.”

Helpende Hand het tans 33 Skenkingswinkels landswyd.

Dis vir die gemeenskap uit die gemeenskap.

Indien jy voel jy kan so ’n winkel bestuur, gaan kyk gerus vir meer inligting op Helpende Hand se webblad by

www.helpendehand.co.za/kontrakteur of stuur jou CV na medee@helpendehand.co.za

Ons winkel advertensie plus byline