Ons Victoriaanse erfenis

6a00d834515c5f69e201901ecb168f970b-800wi

Die Queen is dood

Lank lewe die Queen

Die ou “Queen” se nalatenskap in Afrika, en regoor die wêreld is legio.

Naaste aan die huis in Suid-Afrika hoef ons maar net te verwys na kolonialisme, apartheid, Westmininter tipe van parlement, hostelle vir mynwerkers en homofobie. Dit is verbasend dat hierdie totale erflating steeds lewend en gesond is in Suid-Afrika (en vir alle praktiese redes – in die res van Afrika en al die ou Brits- en Europese-kolonies).

Die koloniale ou “Queen” se standbeeld staan steeds reg langs ons demokratiese parlementsgebou in Kaapstad terwyl alle Afrikaner- (ewe skielik die kolonialiste) ikoniese standbeelde en straatname met minag verwyder word. Wat het ou Victoria dan reggekry dat haar lywige, dik beeld steeds staan waar dit staan? Skuus tog, maar hierdie dame was beslis oorgewig, vet en baie butch.

Dat die industriële rewolusie ‘n impak op die vinnige ontwikkeling van Suid-Afrika gehad het, is nie te betwyfel nie. Dit was beslis die behoudende faktor wat Suid-Afrika bo al die ander Afrika lande laat uittroon het. Die enigste rede hiervoor is die feit dat baie van die inwoners reeds die eise, wat beskawing daar gestel het, omarm het. Hulle kon lees en skryf en het binne ‘n samelewing gegroei waar die verkose regering in ‘n parlement bygestaan deur ‘n onafhanklike regsbank regeer het. ‘n Beginsel wat reeds meer as tweeduisend jaar gelede reeds suksevol in die Romeinse senaat toegepas is. Dit was nie ‘n geval van vermoor die stamhoof en word die nuwe regeerder nie. Die ongeluk is dat die sosiale nalatenskap van ou Queen Victoria die totale sosiale opset gekelder het.

Die huidige situasie is steeds: Slegs wit Afrikaners (beslis nie Queen Victoria nie) is kolonialiste. Geen swart mens kan ‘n rassis wees nie – rassisme is slegs wit teenoor swart – glad nie swart teenoor wit of swart teenoor swart nie. Ons parlement is steeds ‘n sirkus want nie eens die speaker of die president weet wat demokrasie werklik is nie. Die weldoener in die kerk, wat geen swart mense onder dieselfde dak tydens sy erediens wil toelaat nie, gee nie om dat sy hoofsaaklik on- en halfgeskoolde mynwerkers in sy eie hostel, binne ‘n ontwikkelde en gesogte woongebied, bly nie – solank dit net nie sy bure is nie. Dan glo die meerderheid van alle Afrika inwoners dat seksualiteit ‘n keuse is wat volgens die ou testament met alle geweld uitgeroei moet word, nieteenstaande al die verkragtings en huisrooftogte wat beslis hoër morele afkeur behoort te geniet, ‘n wet wat gedurende Queen Victoria se bewind in die kolonies se wetboeke ingeskryf is. Ongelukkig beskou die kerke homoseksualiteit as die rede, en straf van bo-af,  dat Satan hulle mense uit hulle kerke hou.

Waar tog is die bevrydende evangelie van die nuwe testament in die verrykende Jesus evangelisasie wat orals deur Gospel kerke en demoon-uitdrywers blom? Het Satan en Victoria dalk nou kragte saamgespan?

 

Pieter Coetzee – Thabazimbi

 

Met verwysing na Naweek Beeld – Nuwe oë vir betowering van die skoonste Kaap.