Marakele 5km prêt-stap

Die stappers in aksie wat van baie jonk tot oud gestap.
Die stappers in aksie wat van baie jonk tot oud gestap.
Die pragtige natuurskoon met die Kransberge in die agtergrond by die Marakele Nasionale Park se afdraai.
Die pragtige natuurskoon met die Kransberge in die agtergrond by die Marakele Nasionale Park se afdraai.

Marlize du Plessis
THABAZIMBI – Die jaarlikse Marakele Maraton het die afgelope naweek plaasgevind (27 Februarie 2016). Die Maraton is enig in sy soort waar die atlete in die park self die marathon, 21km, 10km en 5km Pret stap voltooi. Hierdie jaar was daar nou darem nie leeus by die waterpunt nie, maar daar is wel ‘n olifant gesien en ‘n oog oorgehou.
Die 42-, 21- en 10km wedlope het al vroeg die oggend weggespring by 6 uur se kant.
Die pret-stap het 7 uur weggespring om vir al die families met jong kinders ‘n kansie te gee om wakker te wees vir die stappie.
Die weer het mooi saam gespeel met ‘n lekker verfrissende luggie. Net voor die 5km deelnemers weggespring het, het die eerste deelnemers van die 10km al klaar gemaak.
Gilbert Makakabo het by 06:49 eerste geëindig met die 10km. Temoja Jehaga was kort op sy hakke waar hy by 06:50 ingekom het in die tweede plek en derde in die 10km was Teboje Jamonaga by 06:51.
Die 5km deelnemers het ‘n gelukkige trekking gehad en Rathila is eerste getrek met sy nommer van 348, Riaan is tweede getrek met sy nommer van231 en Elisa is derde getrek met die nommer 430.
Baie geluk aan almal wat deelgeneem het en ook baie dankie vir al die waterpunt helpers.