Geliefde Onderwyser Oorlede

Sonja Reyneke, geliefde ma en onderwyseres, wat na ‘n kort siekbed oorlede is.
Sonja Reyneke, geliefde ma en onderwyseres, wat na ‘n kort siekbed oorlede is.

THABAZIMBI – Sonja Reyneke wat ‘n geruime tyd verbonde was aan Laerskool Platina op Swartklip, is na ‘n kort siekbed oorlede op 4 Februarie.
Sy was ‘n inwoners van Thabazimbi en sederd 1991 was sy voltyds besig met kinders en hulle opvoeding.
Sy sal gemis word en haar plekkie is leeg.
Sy laat vyf kinders, 4 kleinkinders en ‘n geliefde man agter.
Sonja se begrafnis sal waargeneem word deur Pastoor Jaundre vanuit die Oase gemeente in Thabazimbi op 10 Februarie om 11:00.