Northam VLU opgewonde oor uitdagings

Isobel Cahill en Marinda Gagiano tydens die eerste vergadering van Northam VLU. Skakel hulle gerus indien u ook by hulle wil inskakel.
Isobel Cahill en Marinda Gagiano tydens die eerste vergadering van Northam VLU. Skakel hulle gerus indien u ook by hulle wil inskakel.
NORTHAN – VLU Northam-tak, het op 22 Januarie weer afgeskop vir die nuwe jaar se aktiwiteite wat voorlê.
Na die lang vakansie was dit so lekker om almal wee te sien en te beplan vir die jaar wat voorlê. Soos gewoonlik is daar weer ‘n vol program wat voorlê.
Die SAVF se konferensie vind op 10 Maart te Ellisras plaas en daarna die kongres in
Mei maand. Uit ondervinding weet die dames reeds dat hulle, buiten dat dit baie leersaam is om hul plek in die samelewing vol te staan, as vroue steeds baie pret sal hê.
Positiewe energie was reeds tydens hierdie eerste byeenkoms aanvoelbaar en die dames sien uit, met groot opgewondenheid, na nog n besige jaar.
Indien u wil deel wees van hierdie dinamiese span dames, skakel gerus hul skakelbeampte René Laas by 073 4299 411.